Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Aug 21 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

Moladora-uitspraak: Dít is wat boere dadelik moet doen • Boere behoort eerder gouer as later ooreenkomste oor die aanhou van vee deur werkers en bewoners te hersien en dit, waar moontlik, op skrif te stel. Dié regsmening kom ná die konstitusionele hof se uitspraak in die Moladora-saak, wat grondeiendomsregte ingrypend beïnvloed.

Die magic van veilings

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Vrystaat-herrie op die spits gedryf

‘Maak planne, maar kyk verbý Trump-tarief’ • Die 30%-invoertarief wat teen druktyd op Suid-Afrikaanse produkte na Amerika gehef word, sal nie onbepaald op dié vlak bly nie.

‘Hulppakket kom vir SA maatskappye’

Trane vloei dalk oor duur spore van cowboy-stewels

‘Graderingstorm’ in graanbedryf duur voort • Die diskonto op witmielies van graad 1 tot graad 3 is in dele van Suid-Afrika só hoog dat baie boere bekommerd is of hulle vanjaar hul rekeninge sal kan betaal. Van die boere met wie Landbouweekblad gepraat het, meen sommige handelaars en kopers buit die huidige situasie uit.

Afslag vir lojaliteit kan nuwe SA sojategnologie bespoedig • ’n Kompromis is nodig waar boere en saadmaatskappye mekaar in die middel ontmoet. Tans betaal boere wat nuwe sojaboonsaad koop, in werklikheid ’n dubbele heffing in teenstelling met boere wat saad terughou.

Swaar laatsomerreën ontwrig ook mieliesaadmark • Die perfekte storm wat rondom die mielie-oes en graderingsprobleme woed, het uitgekring na die beskikbaarheid van mieliesaad.

Langer winter kan begin van somerreënseisoen vertraag • Die winter kan moontlik langer duur as wat aanvanklik verwag is en die begin van die somerreënseisoen vertraag, terwyl baie swaar reën oor ander wêrelddele op die moontlikheid van ’n La Niña-stelsel dui.

Misdaad en infrastruktuur: Akkurate data vir aksie • AgriSA sal na verwagting einde Oktober twee platforms bekend stel om akkurate data oor misdaad en die stand van paaie oor Suid-Afrika heen in te samel.

‘Terrorisme’ op Lesothogrens veroordeel — VL

Gesoek: Nuwe markte in ’n al hoe onstabieler landbouwêreld • Die wêreld raak toenemenend onstabiel en die verwagting is dat dit in die komende dekade sal voortduur. In die jongste BFAP-landbouvooruitskouing vir 2025 tot 2034 word gewys op die belangrikheid van uitvoer – en waar nuwe afsetgebiede gevind moet word.

BKS: Kommer oor beweging wat ‘verspreiding aandryf’ • Verskeie belanghebbendes in die rooivleisbedryf is “verskriklik bekommerd” oor die verspreiding van gevalle van bek-en-klouseer wat op Red Meat Industry Services (RMIS) se stelsel bevestig kon word, asook oor die “gissings” oor nuwe moontlike gevalle wat voorkom.

Karan Beef slag nou 1 000 beeste per dag • Die getal beeste wat by Karan Beef se perseel by Heidelberg in Gauteng geslag word, het tot 1 000 per dag gestyg. Dit is omdat meer beeste op dié perseel veilig geslag kan word aangesien 42 dae ná inenting teen of besmetting met bek-en-klouseer verloop het. Die uitbreking van die siekte op dié perseel is op 30 Mei bevestig.

Afrika suid van die Sahara sal ál meer voedsel moet invoer • ’n Gesaghebbende verslag – op wêreldvlak die ekwivalent van BFAP se jaarlikse vooruitskouing – wys waar die moontlikhede vir uitvoer lê: Nie in Amerika, China of Europa nie, maar in Afrika suid van die Sahara, waar Suid-Afrika reeds ’n voet in die deur het.

Senwes gaan van krag tot krag • Hoewel die...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans