Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Sep 18 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

SA makadamiabedryf onwrikbaar in ál taaier wêreldmark • Met Makadamias SA (Samac) se jaarlikse makadamiadag om die draai, waar kwessies rondom marktoegang en -uitbreiding, plantbeskerming en produkontwikkeling onder die loep gaan kom, het Landbouweekblad met die uitvoerende hoof, Lizel Pretorius, gesels oor geleenthede wat ontsluit kan word.

Hou by die reëls as jy wil oorleef

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Platsak verbruikers en ’n lamsakkige staat

Kragkoste knyp verbruikers dat tot boere dit voel • Terwyl al hoe meer boere die stygende elektrisiteitskoste deur middel van hul eie opwekkingstelsels pypkan, sukkel verbruikers om die mas op te kom weens duur krag. Hulle het gevolglik geen ander keuse as om hul voedselaankope te besnoei nie.

Nersa en Eskom se geheime skikking dalk ‘ongrondwetlike gekonkel’

Nuwe projekte

Agri-Hub van R142 miljoen val glo uitmekaar • Die Mkhondo Agri-Hub in Mpumalanga, wat al meer as R142 miljoen gekos het sedert die bouwerk in 2017 begin het, is in die spervuur ná nuwe onthullings oor strukturele gebreke en wanbestuur.

Opbrengste in Suid-Afrika groei van die vinnigste ter wêreld • Suid-Afrika kan spog met van die vinnigste groeikoerse ter wêreld wat die opbrengs van landbougewasse betref. Dit was gemiddeld 4% per jaar oor die afgelope vyf jaar vir sojabone en 2% vir koring.

Entstofaaanleg beplan vir Maart 2026

Bonormale warm temperature dié lente voorspel • Hoewel koeler toestande gewoonlik met La Niñastelsels vereenselwig word, is die moontlikheid groot dat bonormale warm temperature vanaf September tot November oor groot dele van die wêreld kan voorkom, meen die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO).

Om ’n boom te plant nié ’n kitsoplossing • Die onoordeelkundige aanplant van bome in Afrika kan nadelig wees en die biodiversiteit, waterbeskikbaarheid en die ekonomie bedreig, sê navorsers.

‘Een-sin-slagspreuke gaan nie werk nie!’

Vinnig, deeglik en doelgerig – ontmoet Jana le Roux • Jana le Roux se wortels is stewig gelê in Bloemfontein en die Vrystaat. Dié dogter van die oud-Springbok Martiens le Roux en sy vrou, Judy, het wel al haar vlerke wyd gesprei. Vinnig, deeglik, intelligent en met ’n vlymskerp sin vir humor som haar raak op. Sy is in Januarie aangestel as spesiale adviseur vir John Steenhuisen, minister van landbou, en werk sedert 1 Augustus as sy stafhoof.

Hof keer ‘berekende private onteiening’ om • Twee vroue-erfgrondeienaars het onlangs in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ’n oorwinning behaal teen die eienaars van ’n luukse gholflandgoed in Newcastle wat hul drie plase ‘ongehoord onteien het’.

Krisis dwing beesbedryf op sy knieë • Die Suid-Afrikaanse beesbedryf word deur ’n ongekende krisis in die gesig gestaar. Terwyl bek-en-klouseer soos ’n veldbrand deur die land versprei, is boere vasgevang tussen ekonomiese vernietiging en ’n staat wat sukkel om die situasie onder beheer te kry. Met uitvoerverliese wat reeds honderde miljoene rande beloop en geen vergoeding in sig nie, broei daar ’n storm van ontevredenheid in landbougeledere.

OVK: ’n Baken van stabiliteit • In ’n jaar waarin vele landboubesighede onder druk gekom het, het OVK met ’n bedryfswins van R357,6 miljoen bewys dat koöperatiewe krag steeds ’n faktor is waarvan die Suid-Afrikaanse ekonomie kan kennis neem.

Dis meer as net jou plaas, dis jou toekoms •...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans